Brookwood Loft and Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af. Geldig vanaf 13 Mei 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Brookwood Loft and Cottage skuil in 'n lieflike tuin in 'n stil woonbuurt in Somerset-Wes. Dié kothuis bied gerieflike selfsorgverblyf vir gaste wat op soek is na 'n rustige afsaalplekkie met 'n swembad net buite die voordeur.

Ons bied verblyf in 'n kothuis en 'n solderkamer.
Dié kothuis bied slaapplek vir 2 gaste in 1 slaapkamer met 1 badkamer, 'n kombuisie en sitkamer. Die slaapkamer het 'n dubbelbed, en die knus sitkamer is toegerus met 'n TV met DStv en gratis WiFi. Daar is 'n gemaklike slaapbank in die sitkamer. Die badkamer het 'n bad en stort. Die oopplan-kombuisie is toegerus met 'n mikrogolf en koffie- en teemaakgeriewe. Die kothuis maak oop op 'n skilderagtige tuin en kyk uit oor die swembad.

Die ruim, moderne oopplan-ateljee is op die boonste vloer en bied slaapplek vir 2 mense. Daar is 'n dubbelbed, 'n badkamer met stort, 'n sitarea en 'n kombuisie. Die kombuisie het 'n ontbyttoonbank, yskassie, mikrogolf, ketel, broodrooster en 'n gasstoof. Die ateljee maak oop op 'n skilderagtige balkon met berguitsigte. Die kamer is ook toegerus met DStv en WiFi. Die onderste vlak maak oop op 'n oulike tuin en 'n swembad.

Parkeerplek is beskikbaar agter 'n geslote hek. 'n Volledig toegeruste wasgoedkamer is beskikbaar teen 'n klein ekstra koste. Daar is 2 klein honde op die perseel wat vriendelik en paraat is.

Brookwood is lekker na aan 'n paar restaurante, soos Stephanie's Place, Henri's en Bossa Cafe. Daar is ook winkels naby en Somerset Mall is net 10 minute se ry van hier af. Radloff Park, langs die Lourensrivier, is net 'n klein entjie se stap van hier af, en kranige stappers sal bly wees om te hoor die Helderberg Natuurreservaat is naby. Lourensford en Vergelegen is net 'n entjie met die pad af. Dié gesogte wynplase het puik restaurante, en oor naweke is daar 'n plaasmark by Lourensford. Gholfspelers kan gerus 'n draai maak by Erinvale Estate - dit is net 3 km van Brookwood Cottage af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Brookwood Loft And Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R795 R676 per nag (plek vir 3)

Kry 15% af. Geldig vanaf 13 Mei 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za