LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Broughton Country Estate | LekkeSlaap
+49

Broughton Country Estate

Lodge
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Honey Bee-weg, Colleen Glen, Port Elizabeth, 6018, Oos-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R1 452 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Broughton Country Estate is in die rustige plattelandse dorpie, Colleen Glen, net 23,6 km buite Port Elizabeth geleë. Gaste kan die rustigheid van die kothuise of die moderne, luukse huis en fynproewerskos by Broughton Restaurant geniet.

Broughton Herehuis het slaapplek vir 10 gaste in 5 gastekamers wat smaakvol versier is. Die ruim bruids- en wittebroodsuites bied pragtige uitsigte oor die platteland en/of die binnehof. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, porseleinteëls, ondervloerse verhitting en glas-in-lood-deure. Die bruids- en wittebroodsuites het ook elkeen 'n vrystaande kuipbad. Elke kamer het 'n ekstra-lengte koninggrootte-bed met 'n organiese lateks matras en 'n sitarea. Al die kamers en openbare areas om die herehuis en kothuise het WiFi.

Gaste kan in 1 van die drie sitareas met ondervloerse verhitting en kaggels ontspan. Daar is 'n randvloerswembad aan die onderpunt van die herehuis met 'n uitsig op die Lady Slipper-berg en die pragtige landerye aan die noorde van die eiendom. Daar is 'n dek langsaan onder 'n ou wilgerboom langs die herehuis waar gaste die pragtige uitsig oor die eiendom kan geniet.

Daar is 3 selfsorg-houtkothuise, naamlik Geelhout, Koraalboom en Inkbessieboom. Die kothuise is langs die prentjiemooi Broughtondam en elke kothuis is met 'n stoof, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, glasware, potte, panne en braai-toerusting toegerus. Elke kothuis het ook 'n motorafdak, 'n verander wat skaduwee bied en privaat braaigeriewe.

Die landgoed bied 'n verskeidenheid unieke venue-opsies, insluitend die Nature's Cathedral, 'n pragtige oop spasie in die woud wat ideaal is vir byeenkomste in die buitelug. Die binnehof het fonteine, 'n gazebo en tuine met blomlanings. Broughton Hall het sitplek vir 100 gaste met sitplekke in teaterstyl of 30 gaste met sitplekke in klaskamerstyl. Gaste kan op die landgoed wandel en die 5 kilometer lange roete deur die inheemse woud, graslande en tuine aandurf.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Wynkelder
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Blaaibord
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Honey Bee-weg, Colleen Glen, Port Elizabeth, 6018, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Port Elizabeth Oos-Kaap
Vanaf R1 452
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 452
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Honey Bee-weg, Colleen Glen, Port Elizabeth, 6018, Oos-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1eAugk3u5CCOwXZ7z6k2yex6y7RwYrfm4fga0FXfBEFRqm7ChF?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 452  per nag (vir 2 persone) Honey Bee Road Colleen Glen 6018 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 11:00 -33.976465725143 25.369735898148
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!