LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by BrownToes Vacation Home | LekkeSlaap
+27

BrownToes Vacation Home

8 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Romanstraat 257, Brenton-on-Sea, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 600 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

BrownToes Vacation Home is 'n dubbelverdiepinghuis in Brenton-on-Sea in die unieke Eden-distrik met sy pragtige see-uitsigte, strande, nabygeleë Knysna-strandmeer, inheemse woud en gematigde klimaat. Die huis skuil in 'n rustige omgewing en word omring deur struike wat voëls, skilpaaie en bokkies lok.

Daar is 3 eenhede. Die hoofhuis het slaapplek vir 6 gaste. Die C-Flat is op die ondersteverdieping en daar is slaapplek vir 4 mense. Daar is ook 'n aparte en suite-slaapkamer op die grondvloer. Die Seeperdjie Kamer het slaapplek vir 1 gas. Die eenheid kan regdeur die jaar saam met die huis of die woonstel bespreek word.

Die hoofhuis het 3 slaapkamers, 2 badkamers en bied 'n see-uitsig van die 3 kante af. 2 van die slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed en die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die een badkamers is en suite aan die hoofslaapkamer en het 'n bad en 'n stort. Die ander badkamer het net 'n bad.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n yskas-vrieskas, 'n stoof, oond en mikrogolf. Sout, peper, olie, asyn en basiese speserye en kruie is ingesluit. Daar is ook koffie, tee, suiker en melk om jou mee te verwelkom.

Die groot oopplan-leefarea op die boonste vloer lei na die dek buite. Die sitkamer het gemaklike sitplek en daar is 'n TV met sekere DStv-kanale. Die DStv-pakket kan opgradeer word indien vooraf versoek. Die dek buite het braaigeriewe en is ideaal vir onthaal.

Ons het ook 'n bekoorlike C-woonstel op die grondvloer met slaapplek vir 4 gaste. Dit kan saam met die hoofhuis of apart verhuur word. Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 1 met 'n koningingrootte-bed en die ander met 2 enkelbeddens. Die badkamer beskik oor 'n bad en stort en die oopplan-leefarea met 'n TV en DStv lei na 'n volledig toegeruste kombuis. Daar is 'n agterdeur wat na 'n binnehof lei. Braaigeriewe is beskikbaar.

Seeperdjie is 'n aparte kamer wat lei na die binnehof aan die agterkant van die huis. Dit bied gerieflike slaapplek vir 1 persoon op 'n enkelbed, of 2 mense op 'n stapelbed. Dié eenheid het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak, en toilet. Kamergeriewe sluit 'n ketel, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie, mikrgolfoond en ingeboude kaste in.

Let asb. op dat die huis houtvloere het. Gaste wat hier wil bespreek moet gemaklik wees met hierdie feit en dit in ag neem as die perseel met ander gaste gedeel word.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 8 resensies vir BrownToes Vacation Home
Netheid
4.8/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Romanstraat 257, Brenton-on-Sea, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Gaste dink BrownToes Vacation Home het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 600
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 600
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Romanstraat 257, Brenton-on-Sea, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDRmZGJhN2UzLTRlY2QtNDRiNy05ZGVhLWQxYTBlMGRjMjEyNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 600  per nag (vir 2 persone) 8 5 1 5 257 Roman Street Brenton-on-Sea 6571 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.073515105864 23.027468472719
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!