Aliwal-Noord Akkommodasie by Budget Overnight | LekkeSlaap
+10
+10

Budget Overnight

  • Vanaf R1 750 per nag (vir 7 persone)
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Der Horst-straat 16, Aliwal-NoordAliwal-Noord, Aliwal-Noord, 9750, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Budget Overnight is 'n selfsorgwoonstel in Aliwal-Noord in die Oos-Kaap. Dit is perfek vir 'n groep vriende of 'n groot gesin wat op soek is na gerieflike verblyf naby 'n verskeidenheid geriewe.

Hierdie dubbelverdiepingwoonstel bestaan uit 2 slaapkamers en 2 badkamers waarvan 1 en suite is. Die hoofslaapkamer is toegerus met 'n dubbelbed en die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en toilet, terwyl die tweede slaapkamer op die boonste verdieping gemeubileer is met 4 enkelbeddens en 'n slaapbank. Al die beddens het elektriese komberse sodat jy warm en snoesig kan bly op 'n koue winternag.

Die kombuis en eetarea is oopplan en die kombuis sluit 'n vrieskas/yskas, mikrogolf, stoof met oond en oorgenoeg kasspasie om breekware en eetgerei te bêre, en ander toebehore in. Die sitarea het gemaklike sitplek en het 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n skuifdeur wat lei na die patio met braaigeriewe buite.

Budget Overnight het ook 'n swembad waarin gaste kan afkoel op 'n warm somersdag en veilige parkeerplek wat beskikbaar is vir voertuie. 'n Kort entjie se ry verder is daar besienswaardighede en geriewe soos 2 warmwaterbronne, geskiedkundige geboue, winkels, Buffelspruit Natuurreservaat en ander reservate.

Slaapplek

’n Bespreking by Budget Overnight sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 6 persone
4 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 31 resensies vir Budget Overnight
Netheid
4.6/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Van Der Horst-straat 16, Aliwal-NoordAliwal-Noord, Aliwal-Noord, 9750, Oos-Kaap
  • Gaste dink Budget Overnight het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 750
per nag (vir 7 persone)

Sien meer verblyf in

Aliwal-Noord Oos-Kaap
Vanaf R1 750
per nag (vir 7 persone)
Vanaf R1 750
per nag (vir 7 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Der Horst-straat 16, Aliwal-NoordAliwal-Noord, Aliwal-Noord, 9750, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGE1YzY1Y2E2LTFmYjItNDI3Yy05YzcxLTUyYjliZWI5YTc3ZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 750  per nag (vir 7 persone) 31 5 1 5 16 Van Der Horst Street Aliwal North 9750 Oos-Kaap 086 999 0018 12:00-19:00 10:00 -30.716296492555 26.709513813257
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za