Buena Vista

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Buena Vista bied gemaklike selfsorgverblyf in 'n smaakvol ingerigte drieslaapkamer-dakwoonstel met 'n ruim balkon en uitsigte oor die Langebaan-strandmeer en Schaapeneiland in die verte. Die woonstelkompleks is stapafstand vanaf die hoofstrand en gewilde restaurante, koffiewinkels en toeriste-boetiekwinkels.

Die woonstel beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer beskik oor 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer, en die tweede en derde slaapkamer beskik elkeen oor 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n bad, wasbak en toilet. Daar is ook 'n bababedjie beskikbaar. Die woonstel het 'n kombuis en sitkamerarea. Die kombuis het 'n ontbyttoonbank en is toegerus met 'n yskas, oond, stoof en mikrogolfoond. In die sitkamer is daar 'n TV met volledige DStv en 'n DVD-speler. Linne en 1 badhanddoek per persoon word voorsien.

Gaste het toegang tot braaigeriewe en daar is 'n wassery in die kompleks. Veilige parkeerplek is beskikbaar vir 1 motor. 'n Skoonmaakdiens is teen ekstra koste beskikbaar indien vooraf gereël. Gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.

Slaapplek

'n Bespreking by Buena Vista sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Buena Vista gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 160 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false