Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Buffalo Chalets Marloth Park

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Buffelstraat, 4408, Marlothpark, 1340, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Buffalo Chalets bied selfsorgverblyf in die gewilde Marloth Park op die grens van die Krugerwildtuin naby die Krokodilbrughek. Die ligging is ideaal vir diegene wat daarvan hou om rustig te sit en kyk hoe die wild wei. Let wel, Marloth Park is in 'n malariagebied.

Buffel het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, slaapbank, yskas, vierplaatgasstoof (sonder oond), mikrogolfoond, broodrooster, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Die eerste slaapkamer gebruik die badkamer wat 'n bederfbad, stort, wasbak en 'n toilet het. Die tweede slaapkamer is op die boonste verdieping en beskik oor 'n slaapbank, dubbelbed, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe. Hierdie kamer het sy eie badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Albei kamers het lugversorging waarvoor gaste ekstra betaal.

Zebra het slaapplek vir altesaam 4 gaste en beskik oor 'n dubbelbed en 'n slaapbank. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. In hierdie chalet is daar 'n ingeboude kombuisie wat toegerus vir selfsorg met 'n yskas, tweeplaatgasstoof, 'n mikrogolfoond, broodrooster, eetgerei, breekware en drankiegeriewe. Daar is lugversorging waarvoor gaste ekstra betaal. Parkeerplek is ongeveer 25 m van die chalet af.

Vlakvark het slaapplek vir 5 gaste en beskik oor 2 kamers. Die eerste kamer is op die onderste verdieping en het 'n dubbelbed en 'n klein, ingeboude kombuisie wat volledig toegerus is vir selfsorg. Die gedeelde badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Op die tweede verdieping is daar nog 'n slaapkamer wat met 'n seiltjie afgekamp is en 'n dubbel- en enkelbed het. Daar is lugversorging waarvoor gaste ekstra betaal.

Daar is nie 'n TV, radio of internet in die eenhede nie. Lugversorging word voorafbetaal. Elke chalet het 'n braai-area en 'n plonspoel. Die plonspoel is net vol wanneer daar nie waterbeperkings in Marlothpark is nie.

Marlothpark het 2 winkels, 2 hardewarewinkels, 'n kuriowinkel, 2 drankwinkels, 'n groot kroeg en verskeie restaurante. 'n Swembad, klimraam en speelarea, wassery, roomyswinkel, vulstasie, 2 karwasserye, waterwinkel, 'n bakkery en 'n slaghuis is ook beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 106 resensies vir Buffalo Chalets Marloth Park
Netheid
4.3/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.3/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.3/5

Magdalena Johanna (Joey) Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 107

Jaar gelys 9

Ligging

  • Buffelstraat, 4408, Marlothpark, 1340, Mpumalanga
  • Gaste dink Buffalo Chalets Marloth Park het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Buffelstraat, 4408, Marlothpark, 1340, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDYxZTgzNzMxLTRiOTUtNGE4OC05N2NlLWMyMWFhODY3NjFjNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 4) 106 5 1 5 Buffel Street 4408 1340 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -25.35898 31.80934
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem