Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Buffalo Drift - Captains Cabin

Selfsorg
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg, Yzerfontein, 3751, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R11 050 per nag, vir 26 mense

Beskrywing

Buffalo Drift - Captains Cabin is die ideale wegbreekplek met toegang tot 'n privaat strand in Yzerfontein, 'n kusdorp 88 km van Kaapstad af. Dié rustieke, vrystaande huis is afgesonder om 'n groep vriende of 'n familie die kans te bied om lekker in privaatheid te kuier.

Hierdie ongekunstelde huis beskik oor 7 slaapkamers en bied slaapplek aan 26 gaste. Daar is 4 slaapkamers met dubbelbeddens en 3 slaapsaal-slaapkamers met stapelbeddens, wat onderskeidelik slaapplek vir 8, 6 en 4 gaste het. Elke slaapkamer het 'n verwarmer en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is ook 2 gaste-toilette langs die leefarea.

Die kombuis is ten volle toegerus en sluit 2 groot yskas-vrieskaste, 'n yskas onder die toonbank, 'n gasstoof, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, glasware, eetgerei en breekware in. Die kombuis lei na 'n leefarea met 'n yskassie en 'n diepvrieskas om koue drankies te alle tye te verseker. Die sitarea het 'n groot binnebraai-kaggel en die leefarea lei na 'n lieflike buitebraai-area met gemaklike sitplek.

Gaste kan op die privaat strand wandel en 'n skemerkelkie geniet terwyl hulle kyk hoe die flaminke oor die soutpan vlieg. Daar is ook restaurante en kroeë in die omtrek waar gaste plaaslike gasvryheid kan ervaar. Kinders kan in die duine speel, hawe toe gaan, op die bergfietsbaan resies jaag of die Leeupark besoek.

Let asb. dat daar 'n spoedgrens van 30 km/h is om die area se rustigheid te behou en wilde diere te beskerm. Gaste kan hul troeteldiere saambring indien dit vooraf gereël word.

Slaapplek

’n Bespreking by Buffalo Drift - Captains Cabin sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Stapelbed
Slaapkamer 5
Plek vir 8 persone
4 xStapelbed
Stapelbed
Slaapkamer 6
Plek vir 6 persone
3 xStapelbed
Stapelbed
Slaapkamer 7
Plek vir 4 persone
2 xStapelbed

Kenmerke

Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 9 resensies vir Buffalo Drift - Captains Cabin
Netheid
3.4/5
Diens
3.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
3.8/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.1/5

Esri Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 123

Jaar gelys 9

Ligging

  • Kusweg, Yzerfontein, 3751, Wes-Kaap
  • Gaste dink Buffalo Drift - Captains Cabin het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R11 050
per nag, vir 26 mense
Vanaf
Vanaf R11 050
per nag, vir 26 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg, Yzerfontein, 3751, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDMxYjFlYWYwLThiZmQtNGRkNS04MGQ0LTBjYzExZTVkZjlhOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R11 050 per nag, vir 26 mense 9 5 1 4 Beach Road Yzerfontein 3751 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.332342505298 18.161258423279
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem