LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Buhle | LekkeSlaap
+8

Buhle

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Harrier-sirkel 17, Imhoff's Gift, Kommetjie, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 900 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Buhle is 'n fantastiese drieslaapkamerhuis reg teen 'n vlei in Imhoff's Gift in Kommetjie. Dit is net 'n paar minute van Long-strand en Noordhoekstrand af. Die huis se naam "Buhle" beteken "pragtige huis" in Xhosa.

Die leefarea is oopplan en bestaan uit 'n enorme kombuis, eetkamer en leefarea met 'n TV met sekere DStv-kanale. WiFi is ook beskikbaar. Daar is 'n outomatiese enkelmotorhuis en ook 'n motorafdak met oorgenoeg parkeerplek van die straat af voor die huis. Die hele leefarea bied onbelemmerde uitsigte en die leef- en eetarea maak oop op 'n stoep met braaigeriewe.

As jy by Buhle tuisgaan, bly jy in die middel van die natuur. Hier sal jy moeilik glo dat jy in 'n toegeboude area van Kaapstad is, want die asemrowende uitsigte dek net berge en vlei. Reiers, visarende en talle ander voëlspesies kom kuier graag en kan sommer vanuit die leefarea gewaar word. Gaan stap 'n entjie op Long-strand en kyk hoe die branderplankryers baljaar, of neem 'n langer stappie al langs Noordhoekstrand af, dis net 10 minute ver.

Die huis is op 'n veilige landgoed geleë en bied uitsigte oor Noordhoek, Tafelberg Natuurreservaat en Chapman's Peak.

Slaapplek

’n Bespreking by Buhle sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Buhle
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Harrier-sirkel 17, Imhoff's Gift, Kommetjie, 7975, Wes-Kaap
  • Gaste dink Buhle het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 900
per nag (plek vir 4)
Vanaf R3 900
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Harrier-sirkel 17, Imhoff's Gift, Kommetjie, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGM0YzVmNGQzLTdiOTktNGNiYy1iOTMxLTI5NTQyYzViZjBhNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 900  per nag (plek vir 4) 1 5 1 5 17 Harrier Circle Imhoff's Gift 7975 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -34.138112 18.356697
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!