Kranspoort Akkommodasie by Bundu Bushveld Retreat | LekkeSlaap
+12
+12

Bundu Bushveld Retreat

4 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R4 800 per nag (vir 8 persone)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bundu Bushveld Retreat, , Kranspoort Vakansiedorp, 1080, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Bundu Bushveld Retreat is 'n selfsorghuis met 'n grasdak. Die pragtige huis is deur 'n argitek ontwerp en is weggesteek in die inheemse bosse in die gewilde Kranspoort vakansiedorp. Die dorp is 'n pragtige bosveld-wegbreek, slegs 5 km vanaf die gewilde Loskopdam, en 45 km vanaf Middelburg, slegs 2 ure se rit vanaf Tshwane.

Verskeie wilde diere loop vrylik tussen die huise rond en 'n bok of koedoe, vlakvark of kameelperd, of dalk 'n wildebees of sebra mag dalk net by jou kom inloer. Dis nie al diere wat hier is nie, ander sluit in hiëna, luiperds, jakkalse, krokodille en seekoeie. Die 2 laasgenoemdes verhoed ook gaste om in die Kranskopdam te swem. Gaste kan ook bergfietsry, voetslaan of op 4x4-roetes gaan ry op die plaas wat sowat 1000 ha groot is. Die Kranskop gholfbaan het 9 putjies en is deur Matkovich en Hayes ontwerp.

By die Bundu Bushveld Retreat kan ons 8 persone akkommodeer en daar is 3 kamers en 3 badkamers, 'n oopplan kombuis, sitkamer, dek en groot lapa. Elke kamer is en suite en 2 van die kamers het privaat buite-storte.

Die kombuis is toegerus met 'n skottelgoedwasser, mikrogolfoond, yskas en vrieskas. Verder is daar ook 'n opwaskamer en spens. Die sitkamer lei na die dek met die spa-poel asook die boma. Daar is ook braaiplek.

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 4 resensies vir Bundu Bushveld Retreat
Netheid
3.8/5
Diens
3.8/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Bundu Bushveld Retreat, , Kranspoort Vakansiedorp, 1080, Mpumalanga
  • Gaste dink Bundu Bushveld Retreat het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 800
per nag (vir 8 persone)

Sien meer verblyf in

Kranspoort Mpumalanga
Vanaf R4 800
per nag (vir 8 persone)
VEILIGE BETALING VIA
LEKKESLAAP.CO.ZA
Vanaf R4 800
per nag (vir 8 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bundu Bushveld Retreat, , Kranspoort Vakansiedorp, 1080, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFmMDE0YzgxLThjYTQtNDAwNy04YWVlLTUxMDdkNWUwODBjNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 800  per nag (vir 8 persone) 4 5 1 5 Bundu Bushveld Retreat Off the N11 1080 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.410743162943 29.434696006035
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za