Bundu Camp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bundu Camp is 'n selfsorg-vakansieoord wat sowat 16 km buite Ventersburg en naby die N1-hoofweg, geleë is. Die oord bied gerieflike verblyf vir gesinne op soek na 'n opwindende vakansiebestemming.

Verblyf word in selfsorg-kamers, losstaande rondawels, enkel-eenhede en kampeerplek gebied. Die selfsorg-kamers is goed toegerus met 'n mikrogolfoond, 'n ketel en breekware. Die enkel-eenhede bied baie basiese verblyf en is elkeen ingerig met 'n driekwartbed of enkelbeddens en 'n en suite-stort. Die losstaande rondawels het stapelbeddens en maak gebruik van gedeelde ablusiegeriewe. Let asseblief daarop dat gaste hulle eie beddegoed moet saambring as hulle in die rondawels wil bly.

Daar is ook 'n gewilde konferensie-venue en trou-venue. Die groot saal is ook beskikbaar vir verjaardagpartytjies en ander geleenthede. Die oord is langs die Sandrivier geleë waar gaste kan swem en visvang. Gaste kan ook gerus die bergfiets- en 4x4-roetes op die oord aanpak.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bundu Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R200 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za