St. Helenabaai Akkommodasie by Bunker Road 9 | LekkeSlaap
+25

Bunker Road 9

7 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bunkerstraat 9, Shelley Point, St. Helenabaai, 7382, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 350 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Bunker Road 9 is 'n selfsorgkothuis in die Shelley Point Landgoed in St Helenabaai aan die Weskus van Suid-Afrika, sowat 160 km van Kaapstad af. Die kothuis is ideaal vir 'n gesin, paartjie of vriende wat op soek is na 'n wegbreek. Die kothuis het 'n direkte uitsig oor die eerste skoonveld van die 9 putjie-gholfbaan en is ook naby al 3 van die strande in die omgewing.

Die kothuis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. In die badkamer is daar 'n bad, stort, toilet en wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hulle eie strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en in die sitkamer is daar 'n gemaklike sitkamerstel, kaggel en platskerm-TV met Openview HD. Die kothuis het 'n onderdakstoep, 'n tuin voor en agter, 'n klein binnehof met 'n droograk, 'n Weber- en trommel-braaigeriewe, parkeerplek en 'n enkelmotorhuis waarvan gaste gerus gebruik kan maak.

Shelley Point is 'n omheinde landgoed met 24 uur-sekuriteit. Gholf, rolbal en tennis is by die Sport & Sosiale Klub beskikbaar, mits dit vooraf gereël word. Daar is ook 'n drafbaan en die Shelley Point Spa wat privaat bestuur word.

Slaapplek

’n Bespreking by Bunker Road 9 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 7 resensies vir Bunker Road 9
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Bunkerstraat 9, Shelley Point, St. Helenabaai, 7382, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bunker Road 9 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 350
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 350
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bunkerstraat 9, Shelley Point, St. Helenabaai, 7382, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAoqnToS5CmWmPd8wlPXe28ucPBTV2Sj0jSvQShwqpljqr006XNi?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 350  per nag (plek vir 4) 7 5 1 5 9 Bunker Road Shelley Point 7382 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -32.707503375116 17.973217084231
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za