Murraysburg Akkommodasie by Burgershof | LekkeSlaap
+6

Burgershof

4 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 36 Voortrekker Straat, Murraysburg, 6995, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Burgershof bied selfsorg-akkommodasie in Murraysburg, 'n klein dorpie in die rustige Karoo. Ontspan in die tipiese ouwêreldse atmosfeer wat weggesteek is in die koppies in 'n prentjiemooi ligging. Daar is skilderagtige berge en vlaktes wat gekomplementeer word deur beeldskone ou huise, enorme groentetuine en krakerige windpompe.

Die historiese drieslaapkamerhuis is een van die oorspronklike geboue wat al van 1911 af staan. Dit is elegant versier met meubels uit vervloë jare. Die kamers word individueel aan gaste verhuur. Elkeen het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens wat dit ideaal maak vir gesinne. Daar is 2 badkamers met 'n stort, wasbak en toilet.

Gemeenskaplike areas sluit 'n volledig toegeruste kombuis, eetkamers en sitkamerareas in. In die eetkamer kan gaste hul maaltye of self net 'n koppie koffie of tee en tuisgemaakte beskuit geniet. Daar is 'n kaggel in die sitkamer vir die koue wintermaande. Maaltye kan in die volledig toegeruste kombuis voorberei word of gaste kan in die somer braai onder die sterre. Veilige parkeerplek is ook beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 4 resensies vir Burgershof
Netheid
4.8/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • 36 Voortrekker Straat, Murraysburg, 6995, Wes-Kaap
  • Gaste dink Burgershof het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R750
per nag (plek vir 4)
Vanaf R750
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 36 Voortrekker Straat, Murraysburg, 6995, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQzOTc3MjIxLTBjYjAtNDNkMC1hMDBjLTkwMTU5OWEwODgzYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R750  per nag (plek vir 4) 4 5 1 5 36 Voortrekker Street Murraysburg 6995 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -31.962054730395 23.764343708754
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za