Bush Willow Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bush Willow Guest House bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n platdakplaashuis in 'n ou styl. Die huis het 4 slaapkamers. Dit is in die Dinokeng Wildreservaat, die enigste Groot 5-reservaat in Gauteng, noord van Pretoria geleë.

Dié gastehuis is omhein met 'n elektriese heining en elektriese hekke. Daar is slaapplek vir 8 gaste. Die 4 slaapkamers beskik oor 8 enkelbeddens en daar is 2 badkamers, 'n kombuis, sitkamer en eetkamer. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, 'n oond en stoof, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Linne word voorsien. Daar is 'n TV met plaaslike kanale soos SABC 1, 2 en 3 en e-tv. Daar is plafonwaaiers in al die kamers.

Die gastehuis beskik oor 'n tennisbaan, swembad en lapa met braaigeriewe. Daar is 'n pooltafel en tafelsokker in die lapa. Die huis word nie skoongemaak nie, maar 'n skoonmaakdiens is teen 'n ekstra fooi beskikbaar. Gaste word aangeraai om muskietafweermiddel saam te bring, aangesien die huis in die bosveld geleë is. Gaste moet ook hul eie hout, tennisrakette, tennisballe en swemhanddoeke saambring.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bush Willow Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false