Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bushbaby Lodge

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Swartwitpensweg 2472, Marlothpark, 1330, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R795 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Bushbaby Lodge is in die Afrika-bosveld in die Marlothpark Natuurreservaat geleë. Dit is net 'n paar kilometer van die N4-snelweg af tussen Malelane en Komatipoort en 15 km vanaf die Krugerwildtuin-ingang. Die lodge is in 'n baie afgesonderde area van Marlothpark onder groot bosveldbome waar 'n verskeidenheid wild en voëls gasheer speel.

Verblyf word aangebied in 'n eenheid met slaapplek vir 3 gaste en 'n eenheid met slaapplek vir 6 gaste. Albei eenhede kan bespreek word om 9 gaste in totaal te akkommodeer. Die eenhede is volledig toegerus vir selfsorg en het lugversorging. Elke eenheid het sy eie kampvuur- en braai-area. Die twee eenhede is stapafstand van mekaar af en gaste kan gebruik maak van die gemeenskaplike plonspoel om at te koel.

Die lodge is 400 m vanaf die Krokodilrivier wat grens aan die Krugerwildtuin sodat gaste bietjie kan wildkyk uit hulle voertuie uit op pad na die Krugerwildtuin.

Gaste kan by Bushbaby Lodge om 'n kampvuur ontspan en die natuurgeluide waardeer. Hier kan 'n mens die leeus hoor brul, die hiënas hoor lag en seekoeie in die Krokodilrivier ervaar. Koedoes, sebras, vlakvarke, rooibokke, duikers, bosbokke, blouwildebeeste, njalas, kameelperde, olstruise, tarentale, muishonde, bobbejane en apies is gereelde kuiergaste by die lodge. Hou ook 'n ogie oop vir nagapies wat graag na sonsonder kom kuier.

Bushbaby Lodge is gekoppel aan Field Sekuriteit, 'n baie betroubare sekuriteitsmaatskappy wat gaste kan bystaan in 'n noodgeval. Elke eenheid het sy eie sekuriteitstelsel.

Indien gaste die natuur op sy beste wil ervaar en wild wil sien, is Bushbaby Lodge die perfekte plek.

Die bestuur sien uit om gaste se ervaring onvergeetlik te maak!

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 20 resensies vir Bushbaby Lodge
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.5/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.4/5

Hannes Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 50

Jaar gelys 12

Ligging

  • Swartwitpensweg 2472, Marlothpark, 1330, Mpumalanga
  • Gaste dink Bushbaby Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R795
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R795
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Swartwitpensweg 2472, Marlothpark, 1330, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAABMXmqgCtTyPESPWTojuaAu9EJ0Hbnye1XX84THhGQQ0CTiAtnl?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R795 per nag (plek vir 3) 20 5 1 5 Swartwitpens Road 2472 Marloth Park 1330 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.340268682651 31.786000728607
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem