BushDoor Retreat

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

BushDoor Retreat bied selfsorgverblyf in chalets met grasdakke wat in die inheemse bosse van die gewilde Kranspoort Vakansiedorp geleë is. Kranspoort Vakansiedorp is 'n wild- en gholflandgoed tussen Middelburg en Groblersdal in die ongerepte bosveld van Mpumalanga, na aan die Loskop-dam.

Dié bosveld-toevlugsoord bied 3 selfsorg-chalets, elkeen met slaapplek vir 4 gaste. Elke chalet het 'n en suite-kamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea wat lei na die grasdak-houtdek. Elke chalet het sy eie braai-area waar gaste 'n skemerkelkie kan geniet voor jy braai, of net sit en die rus en vrede van die bos indrink, terwyl jy uitkyk vir nagapies wat van boom tot boom swaai. Daar is 'n gemeenskaplike swembad op die perseel beskikbaar wat ideaal is vir warm somersdae by Kranspoort Vakansiedorp.

Kranspoort Vakansiedorp is 'n paradys vir voëlliefhebbers en daar is wild wat vryelik op die 120 ha-eiendom wei. Kranspoort het 'n groot verskeidenheid wild waaronder hiënas, luiperds, jakkalse, kameelperde, blouwildebees, duikers en sebras. Die seekoeie en krokodille in die Kranskop-dam verhoed dat gaste swem in die dam, maar maak dit die ideale toevlugsoord vir natuurliefhebbers. Daar is verskeie parke en skilderagtige rusplekke op die perseel, wat met sorg tussen die eiendomme geplaas is vir jou genot.

'n Verskeidenheid doendinge kan geniet word by Kranspoort, waaronder staproetes, bergfietsroetes en wildkyk. Wildkyk kan gedoen word op enige van die verskeie roetes, wat ook met skilderagtige uitsigte spog. Aandwildritte is ook beskikbaar op die eerste Saterdag van elke maand, afhangend van belangstelling. Besprekings kan gedoen word by die Kranspoort Vakansiedorp ontvangskantoor. Daar is ook 4x4-roetes uitgelê vir 4x4-entoesiaste wat gaste 'n ander uitkykpunt vir wild- en voëlkyk en ongelooflike omgewing bied. 'n Spesiale area is beskikbaar vir Jukskei-entoesiaste en daar is verskeie piekniekareas in die omgewing vir almal se genot. Die Kranspoort Gholfbaan bied 'n ongelooflike geleentheid vir gholfspelers en is een van die top tien 9-putjie-bane in die land.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na BushDoor Retreat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false