Hanover Akkommodasie by Bushman Rock Karoo Guesthouse | LekkeSlaap
+9
+9

Bushman Rock Karoo Guesthouse

15 resensies
Gastehuis
  • Vanaf R600 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Killowen Plaas, Langs die N1, 25 km vanaf Hanover, 9795, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Die Bushman Rock Karoo Guesthouse bied B&B- en selfsorgverblyf op die plaas tussen Colesberg en Hanover in die hartjie van Karoo. Dit is die ideale plek om die natuurskoon van die Karoo te bewonder en jy kan rustig wandel, sterrekyk en die beeldskone Karoo-sonsondergang geniet.

Gaste kan voëlkyk, visvang, swem, fietsry en nagritte geniet waar gaste die nagdiere op die plaas kan sien.

Daar is 3 gemaklike en suite-eenhede. Twee van die gesinseenhede het slaapplek vir 4 gaste elk en die derde eenheid het slaapplek vir 2 gaste. Die gesinseenhede het elkeen 'n ingeboude kaggel. Al die eenhede het diefwering en sekuriteitshekke met gaasdraad, verwarmers, warmwaterbottels en waaiers.

Die eenhede het toegang tot die gemeenskaplike kombuis wat goed toegerus is vir selfsorg en sluit breekware, eetgerei, 'n yskas, tweeplaatstoof en oond, mikrogolf en ketel in. Ys, vars plaasmelk, tee, koffie, Cremora en suiker word voorsien. Buitebraai-geriewe word ook voorsien.

Daar is ook 2 aparte gastekamers in die hoofhuis en die eerste kamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 2 driekwartbeddens. Die kamers deel 'n badkamer en aparte toilet. Maaltye word in die hoofhuis bedien en die kombuis in die hoofhuis het ook 'n ingeboude braai.

Gaste is welkom om in die plonspoel af te koel of in die ruim tuin met 'n boek uit die gastehuis se biblioteek te ontspan. Geniet die klanke van die plaas in die bekoorlike Karoo. Bushman Rock Karoo Guesthouse is troeteldiervriendelik en goedgemanierde diere is welkom.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Jacuzzi
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.8 uit 5van 15 resensies vir Bushman Rock Karoo Guesthouse
Netheid
3.9/5
Diens
4.3/5
Ligging
3.1/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
3.5/5

Ligging

  • Killowen Plaas, Langs die N1, 25 km vanaf Hanover, 9795, Noord-Kaap
  • Gaste dink Bushman Rock Karoo Guesthouse het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)

Sien meer verblyf in

Hanover Karoo Noord-Kaap
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
VEILIGE BETALING VIA
LEKKESLAAP.CO.ZA
Vanaf R600
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Killowen Plaas, Langs die N1, 25 km vanaf Hanover, 9795, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDdhNzkwODI2LTdjYWQtNGM0ZS1iNTdkLWIwYjUzZWRjMWQxMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R600  per nag (vir 2 persone) 15 5 1 3.8 Killowen Farm Off the N1 9795 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 09:00 -30.87491589394 24.634290899967
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za