Bushwise Safari Lodge Kruger Park
Kry 30% af vir verblyf voor 31 Desember 2022
- Kapasiteit: 20 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Njalastraat 2821, Marlothpark, 1340, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 300R910 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Bushwise Safari Lodge bied die beste van Afrika in een lodge en is in 'n natuurreservaat aan die Suidelike grens van die Kruger Nasionale Park genaam Marlothpark geleeen van die min instansies in Marlothpark geleë. Wat dié lodge uniek maak, is die wild wat vrylik op die lodge se perseel ronddrentel. Dit is een van die min gastehuise in Marlothpark wat reg op die oewer van die Krokodilrivier geleë is, met 'n pragtige uitsig oor die Krugerwildtuin.
Al die kamers is met 'n tikkie ongekunsteldheid versier wat deur die Afrika-bosveld geïnspireer is. Die selfsorgeenheid en die selfsorgslaapkamer is direk agter die hoofgebou van die lodge geleë. Die lodge is net 'n hanetreetjie van die Krokodilrivier af wat as die grens tussen Marlothpark en die Krugerwildtuin dien.
'n Volledige Engelse ontbyt en 'n driegang-aandete kan vooraf teen ekstra koste bespreek word. Ekstra beddens is ook teen ekstra koste beskikbaar vir die lodge kamers onder en die selfsorgeenheid.
Die veldgidse het 'n passie vir die Afrika-bosveld en sy diere, en sien uit om hulle kennis met die gaste te deel. Wildritte in 'n oop-wildbesigtigingsvoertuig is soggens en tydens die sonsondergang beskikbaar, asook vroegoggend begeleide wandelinge saam met gewapende gidse deur die Krugerwilduin.
Ander aktiwiteite sluit tiervisvang, perdry, en vierwielmotorfietsry in. Voldagtoere na Swaziland, Maputo en die Panoramaroete is ook beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Piekniek-middagete
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Forex
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Njalastraat 2821, Marlothpark, 1340, Mpumalanga
- Gaste dink Bushwise Safari Lodge Kruger Park het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 20 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Njalastraat 2821, Marlothpark, 1340, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom