Buster's River Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 17 Feb 2020 tot 25 Mrt 2020.

Beskrywing

Buster's River Lodge is 'n selfsorgvakansiehuis op die oewer van die Krokodilrivier in Marlothpark met 'n uitsig oor die Krugerwildtuin. Wild soos olifante, seekoeie, krokodille, bokke, buffels en kameelperde kan van die balkon af raakgesien word. Leeus, luiperds en renosters word nie so gereeld raakgesien nie, maar sebras en koedoes kom wei gereeld op die grasperk.

Dié grasdakhuis het slaapplek vir 12 gaste en beskik oor 4 slaapkamers in die huis, 'n dubbelbed buite in die balkonkamer en 2 enkelbeddens in die boomhuis. Daar is 2 badkamers met storte. 3 slaapkamers het koningingrootte-beddens en die vierde kamer het 2 driekwartbeddens. Die dekke op die boonste verdieping is die ideale plek vir wildkyk. 1 van die kamers op die onderste verdieping en 1 van die kamers op die boonste verdieping het lugversorging.

Die kombuis het 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof, ysmasjien, eetgerei, breekware en ander basies toebehore. Die leefarea het 'n ingeboude kroeg en rusbanke. Daar is ook 'n groot kuierarea met braaigeriewe, 'n swembad en uitkykpunte. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Buster's River Lodge is naby restaurante en winkelgeriewe en sowat 27 km vanaf die Krokodilbrughek van die Krugerwildtuin af.

Slaapplek

'n Bespreking by Buster's River Lodge sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Buster's River Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 500 R4 050 per nag (vir 12 mense)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 17 Feb 2020 tot 25 Mrt 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za