By die C Strandhuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

By die C is 'n afgewitte huis met klip-afwerking wat in Jacobsbaai geleë is. Dié Weskusdorpie met sy rotsagtige kuslyn en sandstrande is ideaal vir 'n rustige wegbreek.

Dié huis het slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer is ruim en het 'n dubbelbed, gedeeltelike see-uitsig en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort.

Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf en kookgerei. Die opwasarea het 'n wasmasjien, skottelgoedwasser en tuimeldroër. Die sitkamer het 'n TV, gemaklike sitplek en 'n kaggel. Dit lei na 'n heerlike kuierstoep met 'n beskutte braai-area en stoepmeubels.

Doendinge in die omgewing sluit bootritte, visvang, duik, swem, branderplankry, voetslaan en voëlkyk in.

Slaapplek

'n Bespreking by By die C Strandhuis sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na By Die C Strandhuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za