Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

C-Rus

Spesiale Aanbod 20% af

Kry 20% af. Geldig vir verblyf vanaf 21 Mrt 2024 tot 3 Apr 2024.

  • Kapasiteit: 13 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Bournemouthlaan 767, Leisure Bay, Port Edward, NA, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R812 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

C-Rus is in die rustige Leisure Bay aan KwaZulu-Natal se Suidkus geleë. Indien jy soek na rus en vrede, het jy die regte plek gevind!

Leisure Bay is een van die beste geheime van die Suidkus. Te danke aan sy pragtige strande, haainette en lewensredders op die strand kan jy heerlik in die water baljaar, swem en sonbrand op die sand. Port Edward is slegs 7 km van ons af, Margate en die Wild Coast Sun is albei slegs 20 km van hier af en by laasgenoemde kan jy gholfspeel, kegelspel, 'n fliek gaan kyk of by een van die talle restaurante gaan eet. Ons is ook slegs 400 m van TO Strand af, 150 m van Drake's Bay af en Peter Pan en Kids Beach is loopafstand van ons af.

Die kompleks het 2 dubbelverdiepings, en die eenheid vir 6 is op die boonste verdieping. Die eenhede is heeltemal privaat en het ingange aan weerskante van die gebou.

Die eenheid met slaapplek vir 5 het 2 kamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die ander kamer het 'n stapelbed en nog 1 enkelbed. Daar is ook 'n groot oopplan-leefkamer wat gekoppel is aan die kombuis. Die kombuis is ten volle toegerus en het 'n mikrogolfoond, gasstoof en groot yskas/vrieskas. In die leefkamer is daar 'n TV met DStv. Daar is ook 'n privaat braaiplek met 'n tafel en stoele en skadunet-parkeerplek. Die eenheid is toegerus met 'n alarm gekoppel aan 'n noodeenheid en het 'n ingeboude kluis.

Die eenheid met slaapplek vir 6 het 2 kamers. In die hoofslaapkamer is daar 'n koningingrootte-bed asook 'n enkelbed, en in die ander kamer is daar 3 enkelbeddens. Die kombuis dien ook as die eetkamer. Daar is ook 'n TV met DStv, en die groot stoep het 'n braaiplek en vanaf die stoep geniet gaste 'n pragtige uitsig. Daar is ook skadunet-parkeerplek langs die huis. Die eenheid is toegerus met 'n alarm wat gekoppel is aan 'n noodeenheid en het 'n ingeboude toesluitbare kluis.

Die oopplan-woonstel vir 2 persone is ook beskikbaar, maar slegs indien die hoofhuis nie op daardie stadium gebruik word nie. Die eenheid het 'n dubbelbed, mikrogolfoond, yskas, tafel, stoele, en kombuisgereedskap. Daar is ook 'n TV en braaiplek.

Die eenhede word 2 maal per week skoongemaak. Ons was ook 1 bondels wasgoed indien gaste 7 dae of langer vertoef.

Gaste moet asb. hul eie handdoeke en strandgereedskap saambring.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 10 resensies vir C-Rus
Netheid
4.6/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Bournemouthlaan 767, Leisure Bay, Port Edward, NA, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink C-Rus het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R812
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R812
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Bournemouthlaan 767, Leisure Bay, Port Edward, NA, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUzNzFhZmUzLWYzOWUtNGE2MS1iNTM5LTE5NzBiNzZiY2Q3ZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R812 per nag (plek vir 2) 10 5 1 5 767 Bournemouth Avenue Leisure Bay NA KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -31.029117 30.238452