Cascas De Casa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cascas De Casa is in Shelley Point Gholflandgoed in St Helenabaai aan die Weskus geleë. Ons bied gehalte verblyf wat geskik is vir 'n groot gesin. Die huis is gerieflik na aan alle geriewe en het pragtige uitsigte oor die strand en oseaan.

Die huis het 2 verdiepings en bied slaapplek vir 'n groottotaal van 11 gaste op 'n slag. Daar is 3 slaapkamers op die boonste verdieping, waarvan 2 oor dubbelbeddens beskik en 1 oor 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer het 'n volledige en suite-badkamer en daar is nog 'n groot badkamer op die boonste vloer. Al die kamers het asemrowende see-uitsigte en geniet die klank van branders. Daar is 'n leefarea met 'n TV, DStv en 'n pragtige uitsig op die boonste vloer.

Op die onderste vloer is daar 'n lieflike oopplan-kombuis en opwaskamer met 'n dubbeldeur-yskas, mikrogolfoond en wasmasjien. Daar is 'n groot leefarea wat perfek is vir diegene wat graag wil ontspan en TV en flieks kan kyk terwyl hul 'n vleisie op die kole gooi. Die huis het ook 'n ruim oopplan-leefarea, -eetkamer en -kombuis. Daar is 'n kaggel wat hitte voorsien op koue winteraande. Op die onderste vloer is daar ook 'n slaapkamer met tripel-stapelbeddens, 'n dubbelbed en 'n volledige badkamer. Daar is ook 'n aparte gaste-toilet.

Die buitenste braai kyk uit oor die see en daar is 'n lekker groot grasperk waar kinders lekker kan rondhardloop en speel.

St Helenabaai is 'n rustige vissersdorpie wat aan die see grens. Dit bied egte Weskus-gasvryheid, goeie visvangwater en lang, lui somersdae. Dis werklik die ideale plek om te rus, ontspan en jou batterye te herlaai. Dié plek sal jou inspireer en jou kreatiwiteit laat vloei!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Ondervloerse verhitting

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Sitkamer
  •  Ondervloerse verhitting

Konferensie geriewe

  •  DVD-speler
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cascas De Casa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 685 per nag (plek vir 11)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za