Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cadeau Hiking and Accommodation

Tentekamp
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Deel 6 van plaas 569, Humansdorp, 6304, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R730 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Cadeau Hiking and Accommodation is in 'n afgeleë deel in die natuur geleë waar gaste kan ontspan langs die oostelike gedeelte van die Tsitsikamma Nasionale Park.

Hier gebeur daar niks en dit hou so aan vir maande. Dit is net natuur en stilte en gaste kan voëlkyk en luister na die paddakoor terwyl hulle die pragtige sonsondergange elke aand beleef.

Gaste gebruik Cadeau as basis vanwaar hulle ander aktiwiteite in die omgewing kan verken of jy kan bloot rus in stilte.

Neem asb. kennis dat gaste nie vanself kan afgaan na die staproetes en swempoele nie vanweë die beperkings deur Sanparke. Slegs gids-begeleide uitstappies word toegelaat teen 'n vaste koste en dit moet vooraf bespreek word. Toestemming sal gegun word aan gaste teen geen ekstra koste wat wil stap na 'n pragtige uitkykpunt, 3 km ver. Gaste kan ook kilometers ver ry met hul eie bergfietse.

Cadeau beskik oor 5 permanente koepeltente onder nuut geboude skuilings. Drie tente het dubbelbeddens in en die ander 2 het 2 enkelbeddens elk. Die beddens in die tente het beddegoed en linne wat elke 5 dae vervang word vir gaste wat langer vertoef. Die tente het 'n lig binne en een onderdak.

Daar kan plek gemaak word vir 'n derde persoon of kinders, maar dit sal wel die tent meer beknop maak.
Daar is ablusieblokke naby die tente en dit het 2 badkamers vir almal se gebruik met 3 warm storte en 2 toilette in elke badkamer.

Daar is ook 'n ontspanningsaal met elektrisiteit wat gaste kan benut met 'n TV, pooltafel, tafeltennis en veerpyltjiebord vir almal se gebruik. Hier ontspan jy voor groot vure met 'n glasie wyn en 'n braaivleistjoppie. Die saal het 'n ten volle toegeruste kombuis met 'n yskas, vrieskas en selfsorgtoerusting. Daar is ook 'n rugsakreisigerseenheid in die saal. Gaste kan ook hul eie tent opslaan en dieselfde geriewe gebruik.

Vir die wat net stilte in die natuur soek is Cadeau die plek.

Neem asb. kennis dat daar 'n 8 km grondpad op pad na die verblyf is.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Televisie
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 8 resensies vir Cadeau Hiking and Accommodation
Netheid
4.6/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Deel 6 van plaas 569, Humansdorp, 6304, Oos-Kaap
  • Gaste dink Cadeau Hiking and Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R730
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R730
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Deel 6 van plaas 569, Humansdorp, 6304, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAKXBZC3qeZsAXL9KZI3y9QR8qKcAmEbjzLULyRWCUN0Pb0qkQG2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R730 per nag (plek vir 2) 8 5 1 5 Portion 6 of Farm 569 Humansdorp 6304 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.041822565925 24.100281841365