Caelum Cottage II

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Caelum Cottage II is 'n knus selfsorgkothuis vir 7 gaste in Kaapschehoop.

Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 3 slaapkamers wat 2 badkamers deel. Twee van die kamers is op die boonste verdieping en die derde kamer, kombuis en leefarea is op die onderste verdieping.

Een van die kamers op die boonste verdieping het 'n dubbelbed en 'n TV met DStv. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens. 'n Enkelbed vir 'n kind is beskikbaar. Die kamers op die boonste verdieping deel 'n badkamer met 'n bad.

Die kamer op die onderste verdieping het 'n dubbelbed, 'n TV met DStv en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort.

Die groot kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Gaste kan etes by die tafel geniet of in die leefarea voor die kaggel en die TV met DStv ontspan.

Die stoep het ingeboude braaigeriewe en gaste kan in die tuin ontspan. Die perseel is omhein en troeteldiere is welkom indien vooraf gereël.

Slaapplek

'n Bespreking by Caelum Cottage II sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 kind
1 x Kinderbed vir 1

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Caelum Cottage II gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 500 per nag (vir 7 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za