Calafrio Holiday House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dié selfsorgvakansiehuis is op die Blue Mountain-landgoed in George geleë. Dit is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na gerieflike, dog luukse verblyf. Gaste kan selfs springbokke in dié 24 uur-sekuriteitskompleks te siene kry.

Die huis het 3 slaapkamers en 2,5 badkamers. Die eerste en tweede slaapkamers is elkeen ingerig met 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die gedeelde badkamer is ingerig met 'n bad en stort. Daar is aparte toilet en wasbak in die een kamer. Die hoofslaapkamer het 'n aangeboude badkamer.

Die huis het 'n moderne oopplan-leefarea en 'n goed toegeruste kombuis. Die sitarea is toegerus met gemaklike banke, 'n binnebraai, 'n platskerm-TV en DVD-speler. Gratis WiFi is beskikbaar. Netflix is ook deel van die pakket. Daar is 'n eetarea met 'n etenstafel met 8 stoele. Die braaistoep is onderdak en toegerus met 2 skuifdeure indien die wind of weer sou pla.

Die dubbelmotorhuis met elektroniese toegang het ook 'n direkte ingang na die huis.

Die erf is ruim en daar is 'n groot trampolien vir die kleinspan en genoeg speelplek. Daar is braaiplek en genoeg braaihout, asook 'n houtbankie en twee rusbanke op die braaistoep.

Calafrio Holiday House is stapafstand vanaf die Tuinroete-winkelsentrum en Eden Meander. Gaste se gunsteling restaurante en koffie winkels is ook stapafstand. Wildernis en Victoriabaai is slegs 5 minute se ry. George het 'n oorvloed wonderlike besienswaardighede in die omgewing, soos lieflike strande, die Outeniqua-berge, bekende plaasmarkte op Saterdae, asook die Tuinroete Botaniese Tuin. Gaste kan in die veiligheid van hierdie landgoed draf, fietsry en stap.

Slaapplek

'n Bespreking by Calafrio Holiday House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Slaapsaalbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Wildkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Calafrio Holiday House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 650 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za