Caledon De Kuilen

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Caledon De Kuilen bied puik, gerieflike verblyf in 'n stil deel van die dorp, lekker naby die restaurante, winkels en ander geriewe.

Caledon De Kuilen het 4 kamers en is ideaal vir sakereisigers, gaste wat net vir 1 nag vertoef, en rugsakreisiers. Kamer 1 het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Kamer 2 en 4 het 'n dubbelbed elk, en Kamer 3 het 'n driekwartbed. Dié drie kamers deel 'n badkamer met 'n stort, bad, wasbak en toilet. Elke kamer is toegerus met koffie- en teemaakgeriewe, klerekaste, en 3 van die kamers het yskassies. Linne en handdoeke word voorsien.

Die gastehuis het 'n gemeenskaplike kombuis met 'n oond en stoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, koffie- en teemaakgeriewe, en eetgerei en breekware. Daar is ook 'n gemeenskaplike sitkamer met gerieflike rusbanke en 'n TV met EasyView-kanale

Oorgenoeg parkeerplek is beskikbaar op die perseel en gaste het toegang tot braaigeriewe.

Gedurende beurtkrag is daar warm water toestelle beskikbaar, asook 'n gasstoof. Die gebruik van toestelle soos 'n haardroër en strykyster sal 'n probleem wees gedurende beurtkrag.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Caledon De Kuilen gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R540 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za