Calypso Mansion

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Calypso Mansion is 'n tripelverdieping-selfsorghuis in 'n veilige residensiële area van Langebaan. Dié vakansiehuis is ideaal vir 12 gaste, wat op soek is na gerieflike verblyf met lieflike uitsigte, naby die strand en ander besienswaardighede.

Die huis is smaakvol ingerig en beskik oor 6 slaapkamers en 4 badkamers. Die hoofslaapkamer en vierde slaapkamer beskik elk oor 'n en suite-badkamer. Die kamers is ingerig met 'n koniningrootte-bed of 2 enkelbeddens. Die kombuis is ten volle toegerus met alle nodige toebehore, asook 'n skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Die sitkamer in die oopplan-leefarea is ingerig met 'n TV met sekere DStv-kanale. Daar is ook 'n ingeboude braai-area, met pragtige uitsigte oor die see. Twee motorhuise is beskikbaar.

Calypso Mansion is slegs 'n paar minute se stap van die strand, en 5 tot 10 minute se ry van die Laguna Winkelsentrum, restaurante, Langebaan Landgoed en ander geriewe, geleë.

Slaapplek

'n Bespreking by Calypso Mansion sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 6 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Calypso Mansion gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 320 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za