Calypso Sunrise Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Calypso Sunrise Villa bied gerieflike selfsorgverblyf op die strand in Langebaan. Die strandhuis is op 'n eksklusiewe landgoed geleë en bied privaat toegang tot die strand.

Die villa bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 en suite-slaapkamers, 2 aparte sitkamers, 'n binnebraai-area, 'n volledig toegeruste kombuis met 'n waskamer, 'n eetarea met sitplek vir 10 gaste en 'n dubbelmotorhuis vir veilige parkeerplek. Die onderste slaapkamer het 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed. Die 1 boonste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede boonste slaapkamer het 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed. Dar is nog 2 slaapkamers wat elkeen 'n balkon het. Een van die slaapkamers het 'n koninggrootte-bed en die ander 'n koningingrootte-bed. Elke en suite-badkamer het 'n bad en 'n stort.

Die 2 aparte leefkamers het oorgenoeg spasie om te ontspan en elkeen het 'n TV en rusbanke. Die boonste sitkamerarea het 'n kaggel. Die moderne kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond en 'n toonbank. Die waskamer het 'n skottelgoedwasser en wasmasjien. Die villa bied gratis WiFi, sekere DStv-kanale, 'n DVD-speler en lugversorging.

Dit is die ideale plek vir 'n strandvakansie en vir diegene wat Langebaan en die Kaapse Weskus wil verken. Die villa is geskik vir gesinne of groter groepe. Die ligging bied toegang tot Langebaan se strandmeer, restaurante, strandkroeë en winkels.

Slaapplek

'n Bespreking by Calypso Sunrise Villa sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Calypso Sunrise Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 710 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za