Camelia Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Camelia Gastehuis het ‘n vierster-gradering en is geleë in die woonbuurt Universitasrif, slegs 2,8 kilometer vanaf die N1. Dié gastehuis is naby die Universiteit van die Vrystaat, Grey Kollege, die Appèlhof, Medi-Clinic en winkelsentrums.

Die gastehuis bied netjiese, skoon en rookvrye en suite-kamers, elk met ‘n privaat ingang. Al die kamers het 'n moderne stort, terwyl die Luukse Dubbelkamer ‘n stort en ‘n bad het. Elke kamer het ‘n lessenaar, gratis WiFi, DStv met 20 kanale, lugversorging, tee- en koffiemaakgeriewe, asook wit perkallinne. Elke kamer het ‘n stoep waar gaste kan ontspan of kan rook.

Die gemeenskaplike kombuis is met ‘n mikrogolfoond, yskas, wasbak, ketel, eetgerei en breekware toegerus. ’n Engelse ontbyt kan teen 'n ekstra koste met aankoms bespreek word. Daar is parkeerplek agter 'n sekuriteitshek.

Camelia Guest House is ook naby verskeie sportstadions, Eunice Hoërskool en die Mimosa Mall. Gaste kan by die gholfbaan 'n potjie gholf speel.

Die eienaar woon op die eiendom.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Camelia Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R790 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za