Port Edward Akkommodasie by Camelot | LekkeSlaap
+32
+32

Camelot

Selfsorg
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gladstone-straat 639, Palm Beach, Port Edward, 4278, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Camelot is 'n ruim selfsorghuis met slaapplek vir 8 gaste in Palm Beach, Port Edward.

Dié huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n uitsig oor die see, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n uitsig oor die see en 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 stapelbeddens en 'n uitsig oor die tuin en die swembad. Hierdie 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Linne en ekstra komberse word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Maaltye kan by die etenstafel geniet word. Daar is 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër in die aparte waskamer.

Die sitarea het 'n see-uitsig en 'n TV. Gaste moet asb. hul eie dekodeerder, afstandbeheer en slimkaart saambring om DStv te kyk.

Daar is 'n swembad in die groot tuin en veilige parkeerplek is beskikbaar. Troeteldiere, afhangend van die tipe en hoeveelheid, is welkom indien dit vooraf gereël word.

Port Edward bied verskeie doendinge soos swem, hengel, waterplankry, tjoepry, gholfspeel, bergfietsry, voetslaan en stap. Gaste kan die Port Edward Vuurtoring, Mzamba Fossiele en Versteende Woud, die St John Skeepswrak en die Rooiwoestyn of die Umtamvuna Natuurreservaat besoek.

Slaapplek

’n Bespreking by Camelot sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Stapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
2 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Gladstone-straat 639, Palm Beach, Port Edward, 4278, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gladstone-straat 639, Palm Beach, Port Edward, 4278, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAzVzws2rDn4iNjeIREAc4I60oRGYCKziFJd1wunPEkco8VWLdtn?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 200  per nag (plek vir 8) 639 Gladstone Street Palm Beach 4278 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -30.97704 30.27065
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za