Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Camino Manor Guest House

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: H/v 1ste Straat en Hugostraat, Krugersdorp-Noord, Krugersdorp, 1739, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Camino Manor Guest House is 'n beeldskone B&B in die noordelike voorstede van Krugersdorp. Dié huis is een van die heel eerste huise wat gebou is toe Krugersdorp tot stand gekom het.

Die huis het beeldskone, opgeknapte houtvloere en patroontjieplafonne wat jou verblyf waarlik onvergeetlik sal maak. Elke kamer het 'n unieke karakter en 'n funksionele kaggel met unieke, antieke meubels. Elke kamer het verder ook 'n 32" TV met sekere DStv-kanale, 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe. Gaste kan kies tussen 'n Kontinentale buffet-ontbyt of 'n Engelse a la carte-ontbyt. Die gastehuis bied ook 'n kamerdiens indien gaste nie wil uiteet nie.

Daar is 'n tennisbaan en 'n groot swembad in die tuin. Gebruik van die geriewe is op gaste se eie risiko. Aangesien die tuin so groot is, kan gaste hul motors veilig op die perseel parkeer en saans rustig slaap wetend dat jou besittings veilig is. Daar is 'n groot balkon waar gaste kan sit en die beeldskone tuin geniet. Die gastehuis kan ook vir kleiner funksies soos 'n kombuistee, verjaarsdag of sake-funksie bespreek word.

Ons is na aan die Silver Star Casino, Key West Shopping Mall, die Wieg van die Mensdom, Maropeng en die Krugersdorp Gholfbaan geleë en ons voorsien pendeldienste na en van hierdie besienswaardighede en die OR Tambo Internasionale Lughawe. Ons is ook binne 10 km vanaf die Krugersdorp Privaat Hospitaal, Bell Street Hospitaal en Monument, Noordheuwel, Kenmare, Krugersdorp, Nic Diederiks en Town View Skole.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • 24-uur Kamerbediening
  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Drankies ingesluit
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Piekniek-middagete
  • Tee
  • Alle Etes Ingesluit
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Mastercard
  • American Express
  • Reisigerstjeks
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 22 resensies vir Camino Manor Guest House
Netheid
4.6/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • H/v 1ste Straat en Hugostraat, Krugersdorp-Noord, Krugersdorp, 1739, Gauteng
  • Gaste dink Camino Manor Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: H/v 1ste Straat en Hugostraat, Krugersdorp-Noord, Krugersdorp, 1739, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI0NmM3MzVlLTM1MjItNDM4Yy1iZGRmLTdiMTMwZDhlZTBiYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 22 5 1 5 Corner of 1ste Street and Hugo Streets Krugersdorp North 1739 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -26.082866176237 27.774377727509