Camping at Kasteelkop Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Moeg vir die stadslewe? Kom geniet 'n ontspanne wegbreek op ons pragtige plaas in die Oos-Vrystaat. Bring jou gesin en bergfietse saam vir buitemuurse pret en vars lug. Kasteelkop Guest Farm is 'n kommersiële plaas waar daar met Bonsmara-beeste en perde geboer word.

Ons het 'n klein kampterrein met skoon ablusiegeriewe, kragpunte, krane, 'n gemeenskaplike kombuis met 'n opwasarea, en braai-areas. Klein groepies is welkom by dié kamp. Hout en houtskool word voorsien vir die eerste braai, maar meer hout kan teen 'n ekstra koste voorsien word. Maak seker dat jy alles bring wat jy nodig het, want al die winkels is ver weg.

Die eienaar het ook 'n pragtige 100 jaar oue sandsteen huis tot sy vroeë glorie herstel en in ‘n luukse selfsorg gastehuis omskep sodat gaste die geleentheid kan hê om die rustigheid van die plaaslewe te kan geniet.

Dit is dié plek vir natuurliefhebbers! Die plaas is baie afgeleë en jy het die mooiste panoramiese uitsig van die stoep af. Daar is ‘n groot verskeidenheid skaars voëlspesies soos sekretarisvoëls, kalkoenibisse en bloukraanvoëls. Die kalkoenibisse broei by die waterval op die plaas, waar jy ook kan gaan swem.

Die plaas is aan die oewer van die Wilgerivier geleë en beskik oor 4 kilometer rivierfront wat ideaal is vir visvang.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Bergfietsroetes

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Camping At Kasteelkop Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R370 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za