Camu Camu

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Camu Camu B&B is 'n 4 ster-instansie in die pragtige en stil, gegoede area, Aurora, in Durbanville geleë en is reg langs die geskiedkundige wynplaas, Altydgedacht, en die Clara Anna Fontein-wildplaas. Dit is naby Durbanville se wynroete en verskeie uitstekende restaurante in die are geleë.

Verblyf word aangebied in 2 pragtige kothuise, elk met sy eie en suite-badkamer met 'n ruim stort en 'n toilet. Albei eenhede het 'n privaat terras/houtdek met uitsigte oor die rustige tuin met 'n swembad en 'n koi-visdam.

Pool Cottage is privaat, ruim, skoon en sonnig en het 2 gemaklike enkelbeddens wat oorgetrek is met skoon wit linne, dons-duvets en elektriese komberse. Daar is ook 'n sitarea en 'n kombuisie. Die en suite-badkamer is ingerig met 'n groot instapstort en groot, luukse, donsige handdoeke. Die kothuis kyk uit oor die skitterende swembad en buite-sitarea waar jy 'n glasie wyn van die omliggende wingerde kan geniet.

Garden Cottage is stil, skoon en privaat en het 'n groot houtdek met 'n sitarea wat uitkyk oor die sierfonteintjie, koi-visdam en pragtige, luisterryke tuin. Kom aanskou ons vrylopende hoenders wat graag hier rondskrop. Die kothuis het 'n gemaklike dubbelbed met vars linne en 'n elektriese kombers en daar is 'n en suite-badkamer met 'n groot stort, persoonlike toiletware en groot, luukse, donsige handdoeke.

Geriewe in albei kothuise sluit gratis WiFi, volledige DStv, 'n yskassie vol voorraad, 'n mikrogolfoond, kluis, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei, breekware, 'n broodrooster, waaier, verwarmer en 'n haardroër in.

Geriewe op die perseel sluit 'n daaglikse skoonmaakdiens, elektriese heining en veilige parkeerplek, 'n swembad, wasgoeddiens en lughawependeldiens in, maar moet vooraf gereël word. Gaste sal 'n sleutel en afstandbeheer vir die sekuriteitshek ontvang.

Ontbyt is teen R100 beskikbaar en word in die somer onder die lapa met 'n uitsig oor die swembad bedien, en in die winter in die eetkamer langs die kaggel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Camu Camu gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false