Canal Quays 708

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Canal Quays 708 is 'n smaakvol versierde woonstel wat in 'n veilige gebou in Foreshore, Kaapstad geleë is. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gemaklike verblyf naby die hawe en ander doendinge en besienswaardighede in die omgewing.

Hierdie ruim woonstel het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die slaapkamers het óf 'n koningingrootte-bed óf 'n koninggrootte-bed en daar is 'n stort en/of 'n bad, 'n wasbak en 'n toilet in die badkamers. Die leefarea is oopplan en die kombuis is goed toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof, wasmasjien, skottelgoedwasser en ander toestelle.

Daar is 'n sitkamer wat 'n TV met sekere DStv-kanale het en gratis WiFi is beskikbaar. Die leefarea lei na 'n balkon wat uitsigte oor die kanale, die kompleks en 'n gedeelte van die hawe bied. Die gebou bied 'n gemeenskaplike swembad, 'n hysbak en portierdiens.

Daar is veilige parkeerplek vir 1 voertuig en 24 uur-sekuriteit op die perseel. Canal Quays 708 is stapafstand van die V&A Waterfront-winkelsentrum waar gaste winkels, restaurante en ander geriewe sal vind.

Die perseel is ook net 'n kort rit vanaf Kaapstad-stadion, die middestad, asook Clifton- en Kampsbaai-strande en ander besienswaardighede in die Atlantiese kusgebied.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Portier
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Canal Quays 708 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 550 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]