Canopy Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 30 % af

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 2 Jul 2019 tot 1 Sep 2019.

Beskrywing

Canopy Cottage is 'n selfsorg-houthuis in Lake Brenton in Knysna. Dié eiendom is 5 minute van die oewers van Knysna se riviermond en Brenton Beach af.

Dié houthuis het trappe wat na die ingang lei en het slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 1 badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof en ander basies toebehore toegerus. Bordspeletjies, WiFi, Premium-DStv en Netflix is beskikbaar. Daar is ook 'n braaidek onder die bome voor die kothuis.

Onderdakparkeerplek is vir 1 voertuig op die eiendom beskikbaar en daar is ook plek vir 'n boot. Canopy Cottage is op stelte tussen bome waar baie voëlspesies, soos die Knysnaloerie, gereeld te siene is.

Die omliggende area het bosbokke wat op die graslande en woud-area kom wei. Daar is ook baie doendinge in en om Knysna wat gaste kan ervaar, soos voëlkyk in die bos, en walviskyk vanaf die Knysnakoppe en Brenton-area.

Die riviermond is net 'n entjie se stap van die kothuis af en bied 'n jetty en boothelling. Gaste kan ook daar visvang en swem. Net 3 minute se stap langs die riviermond na regs is 'n strandjie.

Knysna lei 15 km langs die meer af met pragtige uitsigte. Daar is gholfbane, 'n rolbalbaan, heelwat restaurante, kuierplekke en ander doendinge in die omtrek.

Slaapplek

'n Bespreking by Canopy Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Canopy Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 R665 per nag (vir 4 mense)

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 2 Jul 2019 tot 1 Sep 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]