Houtbaai Akkommodasie by Cap Serein Guest House | LekkeSlaap
+49

Cap Serein Guest House

Gastehuis
Langtermynverblyf-aanbod 50% af

Kry 50% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Jun 2020 tot 30 Sep 2020.

  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Saddlers Row 17, Houtbaai, 7806, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 250 R625 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Hoog teen die berghange wat uitkyk oor Houtbaai se vissershawe, is die enigste geluide wat jy sal hoor die gekwetter van voëls en, per geleentheid, plonsgeluide in die koidamme. Cap Serein is onlangs in die Provensaalse styl gerestoureer en hier gaan dit om vrede, rustigheid en buitengewone kookkuns.

Elke ruim suite en kothuis by Cap Serein is toegerus met satelliet-TV, tee- en koffiemaakgeriewe en ’n privaat patio. Die suites bied 'n uitsig oor die Atlantiese oseaan, die berge of die gastehuis se tuine. Jy kan ’n uitmuntende ontbyt in ons sonkamer geniet, met warm geregte en ’n verskeidenheid tuisgemaakte gebak. Jy kan ook Kurt se aandete-spyskaart bekyk en besluit of jy lus is om die aand hier deur te bring. Ons het opsies vir elkeen, wat wissel van driegangmaaltye tot ’n eenvoudige versnapering om die dag mee af te sluit.

Nadat gaste 'n bietjie in die swembad afgekoel het kan hul op die sonterras ontspan of die aand in ons Jacuzzi geniet. Die skaduryke tuin is vol hoekies waar jy jou kan tuismaak met 'n goeie boek of sommer net kan ontspan in die Kaapse son.

Kenmerke

Swembad
Jacuzzi
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 7 resensies vir Cap Serein Guest House
Netheid
4.6/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.1/5

Ligging

  • Saddlers Row 17, Houtbaai, 7806, Wes-Kaap
  • Gaste dink Cap Serein Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 250
Vanaf R625
per nag (vir 2 persone)
was R1 250
Vanaf R625
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Saddlers Row 17, Houtbaai, 7806, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDM4MTBjNjQwLWQ3NmQtNDhhZC1hZmYyLWUxMTVmOGM3ODI2MA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 250, nou Vanaf R625  per nag (vir 2 persone) 7 5 1 5 17 Saddlers Row Hout Bay 7806 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 11:00 -34.014536681361 18.359754217593
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za