Cape Cod

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cape Cod is 'n stylvolle en moderne vakansiehuis wat selfsorgverblyf in die prentjiemooi kusdorpie Pringlebaai bied. Pringlebaai skuil aan die voet van die Hangklipberg en vorm deel van die Kogelberg Biosfeerreservaat. Dit het wit sandstrande en 'n groot verskeidenheid fauna en flora.

Die huis het 4 slaapkamers en bied slaapplek aan 8 gaste. Dit het hoë plafonne en oopplan-areas wat natuurlike lig inlaat. Daar is 3 slaapkamers bo waarvan 2 koningingrootte-beddens het en die derde kamer 2 enkelbeddens het. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer en die tweede en derde slaapkamer maak van 'n gedeelde badkamer gebruik. Die vierde slaapkamer is onder en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer.

Die kombuis is bo en is ten volle toegerus om aan gaste se selfsorgbehoeftes te voldoen. Die huis het 'n leefarea bo en onder en albei bied toegang tot houtdekke. Gaste kan panoramiese uitsigte op die berge en gedeeltelike see-uitsigte van die huis af geniet.

Gaste kan ook lekker veilig swem, watersport geniet, om die rotspoele snorkel en duik in Pringlebaai.

Slaapplek

'n Bespreking by Cape Cod sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cape Cod gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 400 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false