Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cape Cod Accommodation

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Amatola Coastal, Cintsa-Oos, 5275, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R950 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Cape Cod Accommodation is in die ouwêreldse kusdorpie Chintsa (Cintsa)-Oos, net 45 km noordoos vanaf Oos-Londen, geleë. Die skoonheid van die omgewing is die rede waarom soveel besoekers hierdie rustige plekkie uitsoek. Dit het sy naam te danke aan die rivier waarlangs dit geleë is, en beteken "wegkalwerende oewers" in Xhosa.

Verblyf word in die hoofhuis en die kothuis gebied. Die hoofhuis het 3 slaapkamers met dubbelbeddens en 1 en suite-badkamer. Die ander kamers deel 2 badkamers. Daar is ook 'n kamertjie met 'n enkelbed wat vir middagslapies ingespan kan word. Die huis spog met 'n ruim sitarea met 'n TV en eetkamer wat aaneenskakel met die ruskamer. Daar is 'n volledig toegeruste kombuis met 'n ontbythoekie. Die huis bied lieflike uitsigte oor die see vanaf die hoofslaapkamer, sitkamer en dekarea met 'n Weber-braai.

Die luukse kothuis kan saam met die hoofhuis, of as 'n aparte eenheid bespreek word, en is ideaal vir lang gesinsvakansies. Daar is 'n lieflike sitkamer met 'n afskorting wat die hoofslaapkamer van die sitkamer skei. Daar is 'n badkamer met 'n ouwêreldse stort en bad, en die kothuis beskik oor 'n sitkamer wat goed beplan is, 'n ten volle toegeruste kombuis, 'n balkon met wonderlike see-uitsigte, en 'n braai-area.

Die helder strandmeer, sandduine en uitgestrekte strand lok besoekers uit om langer te vertoef. Die meeste van die vakansiehuise hier is agter kus-plantegroei versteek en die ongerepte strande is nie so besig soos dié van Oos-Londen nie. Chintsa (Cintsa) is dus 'n wonderlike wegbreekplek.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 26 resensies vir Cape Cod Accommodation
Netheid
4.7/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.5/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Mervyn Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Jaar gelys 11

Ligging

  • Amatola Coastal, Cintsa-Oos, 5275, Oos-Kaap
  • Gaste dink Cape Cod Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R950
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R950
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Amatola Coastal, Cintsa-Oos, 5275, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA143f71d977623c18074c34f030f7f62b62c82de50945b004d7e59547166c2a193ffbbe375abbca216061417d64c7f88b8dc2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 2 mense 26 5 1 5 Amatola Coastal Cintsa East 5275 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -32.821925555606 28.113954663277
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem