Cape Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cape Cottage is 'n bekoorlike, gesellige selfsorg-eenheid wat in Garsfontein, Pretoria geleë is. Dié eiendom is in 'n stil area naby Menlyn Parkview, Woodlands-winkelsentrum, asook Faerie Glen- en Pretoria-Oos-hospitaal geleë.

Dié kothuis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n ruim, oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die volledige badkamer het 'n stort en 'n bad.

Die moderne kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n wasmasjien in. Die eetarea het 'n etenstafel met 4 stoele en die gesellige sitarea het 'n platskerm-TV met plaaslike kanale en Open View.

Die leefarea het deure wat lei na 'n lieflike, privaat tuin met 'n kuierarea en 'n onderdakpatio. Die area bied ook stoepmeubels en braaigeriewe. Parkeerplek is onder 'n motorafdak beskikbaar.

Skoonmaakdienste word slegs verskaf indien gaste 7 nagte of langer bly. Linne en handdoeke word voorsien. Elke kamer het 'n plafonwaaier en 'n verwarmer.

Slaapplek

'n Bespreking by Cape Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans
  •  Duits

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cape Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false