Cape Country Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cape Country Cottage is in Durbanville, Kaapstad en bied suites wat op ’n kamer- of B&B-basis bespreek kan word. Die perseel is ideaal geleë en is slegs ’n entjie se ry vanaf verskeie besienswaardighede in die Noordelike Voorstede.

Verblyf by Cape Country Cottage bestaan uit 4 Suites en 1 Kothuis. Die Suites is individueel versier en het ’n dubbelbed of 2 enkelbeddens. Elke Suite het ’n en suite-badkamer. Verder is daar ’n yskassie met voorraad, ’n waaier, ’n TV, wekker en radio, mikrogolfoond, haardroër en gasvryheidskinkbord.

Gedurende winter sal elke suite warmwaterbottels, verwarmers, en donsveerduvets hê. Die Kothuis is in die tuin geleë en het ’n kombuis wat goed toegerus is vir selfsorg. Ontbyt en aandete kan teen ekstra koste gereël word en word in die eetarea bedien. Cape Country Cottage het ’n swembad, internet by die ontvangsarea, pendeldienste en veilige parkeerplek.

Cape Country Cottage is naby Durbanville wynplase, Tygervallei winkelsentrum en Bellville Gholfklub.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cape Country Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false