Cape Elegance in Bryanston

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cape Elegance in Bryanston bied luukse B&B-verblyf in 'n rustige tuin in Bryanston, Sandton. Dié mooi ou Kaaps-Hollandse huis is een van die oorspronklike plaashuise wat in Bryanston gebou is en verteenwoordig steeds 'n magiese rustigheid van die verlede.

Verblyf word in 3 Luukse Suites en 1 Gesinskothuis gebied. Elke Luukse Suite het slaapplek vir 2 gaste, behalwe Suite A en F wat elk slaapplek vir 3 gaste het. Elke suite het 'n en suite-badkamer en 'n kombuisie. Die Gesinskothuis het slaapplek vir 4 gaste in 2 slaapkamers, 'n volle en suite-badkamer, sitkamer en 'n toegeruste kombuis.

Die lowerryke tuin huisves meer as 50 tipes bome en bosse van Europese en Sub-tropiese afkoms. Meer as 25 spesies voëls kan ook waargeneem word, asook mak Hadida's wat hul nie deur die vriendelike honde en katte laat afskrik nie.

Cape Elegance in Bryanston is ook geskik vir sakereisigers en bied 'n tuiste aan diegene wat gerief en gehaltediens benodig.

Die perseel is naby die sakekern en van die beste winkelsentrums in Suid-Afrika met hulle ongelooflike restaurante, fiksheidssentrums met binne swembaddens en gholfbane. Doendinge in die area sluit die klein wildreservaat, voëlpark en verskeie kasino's in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cape Elegance In Bryanston gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R825 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za