Cape Finest Guesthouse & Self-catering Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cape Finest bied akkommodasie vir vakansies en korttermynverblyf waartydens diens, gehalte en gerief prioriteit geniet. Ons doelwit is om jou verblyf so aangenaam as moontlik te maak. Die fantastiese woonstelle wat ons sorgvuldig gekies het, maak dit vir ons baie maklik om ons doelwit te bereik! 'n Pragtige, goed toegeruste woonstel maak 'n baie groot verskil. Maar ons stap die ekstra myl vir jou: ons deel graag ons kennis oor Kaapstad met jou - ons sal alles wat ons weet van hierdie ongelooflike stad en die omgewing met jou deel.

Cape Finest verwelkom jou by Loaderstraat 17, by 'n gastehuis wat onlangs opgeknap is. 'n Uiters verfrissende ervaring wag op jou. Hierdie pragtige, luukse gastehuis is die skepping van ontwerpgenie Pim Verdoorn van CCXIX. Staan op die Sky Deck en verlustig jou in die panoramiese uitsig oor die Moederstad met 'n drankie in die hand. Of ontspan net lekker in die sitkamer-area met 'n goeie boek. Elkeen van ons 5 slaapkamers is uniek ontwerp en versier om jou te laat ontspan en jou bederf te laat voel. Gastehuisgeriewe sluit lugversorging, platskerm-TVs, oond en mikrogolf, stoep, WiFi, wasmasjien, tuimeldroër en spoggerige wit linne in.

Jy sal verbaas wees oor al die moontlikhede by ons selfsorgkothuis, 'n byderwetse kothuis by Loaderstraat 15A. 3 Vloere van gerief, luuksheid en ruimte wat ideaal is vir groter groepe wat langer wil vertoef. Die kothuis is in 'n stil, maar sentrale omgewing in een van De Waterkant se mooiste strate geleë. Net 'n klipgooi van die woelige stadskern af - ideale verblyf vir besoekers wat die stad wil verken. Ontspan lekker op die Franse- of die privaat balkon. Daar is ook 'n binnehoffie en 'n groot, oop ruimte. Die 3 vloere van hierdie kothuis bied baie moontlikhede. Die sitkamer op die grondvloer kan omskep word in 'n ekstra slaapkamer. As jy die skuifdeure van hierdie kamer oopmaak word dit omskep in een groot kamer omdat dit dan die kombuis en knus binnehof insluit. Die leefkamer en knus Franse balkon is op die eerste vloer, spandeer 'n tydjie hier en geniet die pragtige uitsig op Tafelberg. Die tweede vloer bestaan uit 2 slaapkamers en 2 badkamers. Beide kamers is lieflik.

Ons gastehuis en kothuis is gerieflik geleë, net 10 minute se stap vanaf die stadskern, die KIKS, die V&A Waterfront, verskeie gesondheid-spa's en van Kaapstad se gewildste restaurante en nagklubs.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cape Finest Guesthouse & Self-catering Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]