Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cape Footprints

Selfsorg

Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.

Prys sluit in
Selfsorg
Breekskadedeposito

'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R2000 moet direk aan die eiendom betaal word.

Huisreëls

Die huis het 'n omsetter vir gebruik tydens beurtkrag en dit kan die basiese toestelle aan die gang hou insluitend die WiFi en TV, maar geen toestelle wat baie elektrisiteit trek nie. Dit sluit haardroërs en die mikrogolf in. Daar is ook 'n gasstoof en herlaaibare ligte.
Die final huurbedrag moet aan die eiendomsbestuurmaatskappy oorbetaal word ten minste 30 dae/1 maand voor aankoms tesame met 'n addisionele bestuursfooi en die terugbetaalbare breekskadedeposito. Internasionale gaste moet die breekskadedeposito in kontant met aankoms betaal en plaaslike gaste kan dit via EFT betaal.
R200 is as 'n laat-inklokfooi in kontant betaalbaar met inklok indien gaste ná 18h00 arriveer.
'n Maksimum van 8 gaste word toegelaat om die 4 slaapkamers te deel. Moet asb. nie hierdie aantal gaste oorskry nie. Bring ook asb. jou eie babakampbedjie en hoëstoeltjie saam.
Hou asb. toesig oor klein kinders in die huis aangesien daar geen veiligheidshekkies op die trappe of relings is nie.
Linne en badhanddoeke word voorsien, moet asb. nie die badhanddoeke vir swem-/strandhanddoeke gebruik nie. Gaste moet hul eie strand- en swemhanddoeke saambring.
Rook is verbode binnenshuis. Gooi asb. sigaretstompies in die asbakkie wat voorsien is en nie op die stoep, tuin of in die toilet nie.
Wangedrag en/of raserige gaste sal onmiddelik uitgesit word sonder terugbetaling. Geen partytjies of funksies word op die perseel toegelaat nie. Respekteer asb. die perseel en die bure. Geen harde musiek of geraas na 22:00 nie.
'n Addisionele skoonmaakfooi sal gehef word indien gaste die eiendom nie in 'n aanvaarbare toestand agterlaat nie of indien gaste nie op die gespesifiseerde tyd uitklok nie.
Gebruik asb. omgewingsvriendelike skoonmaakmiddels.
Skoonmaakdienste is nie ingesluit nie. Dit is 'n opsionele ekstra. Stel asb. die bestuurder vroegtydig in kennis indien gaste hierdie diens benodig aangesien 'n ander maatskappy dit voorsien en dit onderhewig is aan beskikbaarheid.
Troeteldiere word op die perseel toegelaat slegs op versoek en indien die eienaar toestemming gee. Die troeteldierbeleid is dan van toepassing.

Troeteldierbeleid:
Geen honde word op die beddens of meubels toegelaat nie.
'n Ekstra fooi sal gehef word indien daar gevind word dat honde op die meubels/beddens was en dit sal geld vir die skoonmaak van die items, of indien die honde in die huis gemors het en die matte ens. skoongemaak moet word na vertrek.
Hou asb. te alle tye 'n oog op jou honde. Die huis het 'n ingeslote tuin met 'n heining. Gaste neem volledige verantwoordelikheid vir hul eie honde en sal nie toelaat dat honde rondloop sonder toesig of 'n stoornis veroorsaak vir bure en hulle honde nie.
Maak asb. honde se gemors buite skoon.
Bring asb. eie hondebeddens. -komberse en -voerbakke saam.

Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Minder as 1 maand voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf
R3 250
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R3 250
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R3 250
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gousblomsingel 1455, Kleinkrantz, Wildernis, 6529, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd8b2f57d8ad851af0fda0dc3402aba6dcfe41ebe9b0e74097c387d0449e382e73c703cd82687a2a15e33484332cba64dbd0e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 250 per nag (plek vir 8) 1 5 1 4 1455 Gousbloom Crescent Kleinkrantz 6529 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-18:00 10:00 -34.003910723712 22.650523880812
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem