Cape Links Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cape Links Guest House bied hartlike en verwelkomende selfsorg-akkommodasie in Somerset-Wes. Die Suid-Afrikaanse gastehuis het 'n trotse Ierse herkoms en is omring deur die majestueuse berge, koel strande, wonderlike wynlandgoedere en wêreldklas-gholfbane.

Al 4 en suite-kamers in die gastehuis maak op die tuin en swembad oop. Elke kamer het DStv, 'n yskassie en 'n kluis. Ontbyt word slegs bedien indien vooraf gereël. Kleiner groepe kan kies tussen 3 selfsorg-kothuise met braaiplek in die tuine wat spog met 'n uitsig oor Valsbaai.

Cape Links Guest House is ideaal geleë met Kaapstad, Tafelberg, die V&A Waterfront en Kaapstad Internasionale Lughawe net 'n kort entjie se ry van ons af. Die gasvrou en -heer, Kathy en Frank Mc Donogh, sal jou graag help met al die reëlings tref in verband met besienswaardighede sien, wynplaas-besoeke, motorverhurings en 'n pendeldiens na die lughawe

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cape Links Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false