The Waves Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 30 Jul 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

The Waves is perfek geleë vir 'n rustige kusvakansie en is ideaal vir paartjies of groepe wat graag die prentjiemooi dorpie Langebaan wil besoek. Die verblyf is net 'n kort entjie van die vernaamste strande in die omgewing af. Die gastehuis het 1 selfsorg-eenheid met 'n see-uitsig, 1 tuin-eenheid, en 1 losstaande selfsorg-seeperdjie-kothuis.

Die tuineenheid het sy eie ingang en parkeerplek van die straat af. Dit is op die grondvloer geleë en beskik oor 2 slaapkamers met dubbelbeddens, 'n haardroër, kluis, radio in die kamers en 2 badkamers, een met 'n stort en die ander met 'n bad. Die klein dog knus, sonnige leefarea bied 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, nuwe kompakte oondjie, broodrooster en ketel. Skuifdeure lei na die groot en lieflike tuin waar daar 'n buitenste onthaalarea met braaigeriewe is.

Die selfsorg-eenheid met 'n see-uitsig is op die tweede verdieping geleë en het sy eie ingang en veilige parkeerplek. Dit bestaan uit 2 kamers met 2 badkamers, 'n volledig toegeruste oopplan-kombuis, leefarea en eetarea. Die leefarea beskik oor 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, broodrooster en ketel. Al die kamers, en die ekstra braaikamer, het wonderlike see-uitsigte. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en volledige en suite-badkamer, en die tweede kamer het 2 enkelbeddens en 'n stort.

Seahorse is 'n bekoorlike, volledig toegeruste selfsorgkothuis wat bestaan uit 2 kamers met dubbelbeddens, 2 en suite-badkamers met storte, 'n oopplan-leefarea met 'n rusbank, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n DVD-speler, en 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n wasmasjien, mikrogolfoond, yskas, stoof en oond. Skuifdeure lei na privaat buitebraaigeriewe en 2 veilige parkeerplekke.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  DVD-speler
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Waves Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 R810 per nag (plek vir 4)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 30 Jul 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false