Cape Town Hollow Boutique Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cape Town Hollow Boutique Hotel is in beeldskone Kaapstad, in die skadu van Tafelberg, geleë. Die hotel bied stylvolle, rustige verblyf met ongelooflike uitsigte op die Kompanjiestuin, Tafelberg en Leeukop.

Die hotel beskik oor 56 en suite-kamers met net die beste moderne geriewe en gratis WiFi vir gaste met hul eie skootrekenaars. Daar is 28 kamers met berguitsigte op Tafelberg vanaf die Juliet-balkonne, en daar is 28 standaardkamers wat gerieflik ingerig is vir heerlike verblyf.

Die hotel se restaurant, Eighty-Ate, bied 'n ontspanne en moderne ervaring waar jy uitsigte oor die Kompanjiestuin en Tafelberg kan geniet terwyl jy jou smullekker maaltye nuttig. Die restaurant is oop aan die publiek en die patio is veral 'n gunsteling onder Kapenaars en gaste op lieflike someraande.

Ontbyt word soggens tussen 06:30 - 10:00 in 'n buffet-styl bedien. Daar is ook 'n à la carte-ontbyt, -middagete en -aandete en kamerdiens wat 'n verskeidenheid heerlike maaltyd-opsies bied. 'n Vaste spyskaart is ook beskikbaar op versoek vir groepe vir middagete en aandete.

Ontspan luilekker langs die swembad of gesels met jou geliefdes via die internet in ons gemeenskaplike sitkamer beskikbaar.

Die ideale ligging moedig gaste aan om die stad en omliggende omgewing se besienswaardighede te verken: die naglewe, restaurante en kroeë, Victoria & Alfred Waterfront en die asemrowende en legendariese Kaapse wynlande. 'n Bevoegde portier sal jou graag help met raad, aanwysings en uitstappies.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Wildritte
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cape Town Hollow Boutique Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 190 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za