Captain's Hideaway

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Captain's Hideaway is in Blue Horizon Bay, Port Elizabeth, en bied gehalte-verblyf vir 'n gesin of groep vriende. Dit het 'n pragtige see-uitsig en is naby die strand, winkels en restaurante.

Dié huis bied slaapplek aan 8 gaste en het 3 slaapkamers en 'n aparte eenheid met 1 slaapkamer. Die hoofslaapkamer in die huis het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens en deel die tweede badkamer. Die aparte eenheid het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkame, asook 'n kombuisie met koffie- en teemaakgeriewe.

Die kombuis in die hoofhuis het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Dit beskik ook oor 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, en 'n strykyster en -plank.

Die sitkamer het gemaklike sitplek, 2 dubbelslaapbanke en 'n TV met DStv. Daar is 'n pragtige eetkamer met genoeg sitplek.

Die woonkamer lei na 'n braai-area in die tuin. Daar is 'n etenstafel met sitplek vir 10. Daar is 'n buite-stort, ideaal om af te spoel na 'n dag op die strand.

Voor is daar 'n ruim patio met 'n pragtige see-uitsig.

Dit is in 'n veilige kompleks met genoeg parkeerplek.

Die eenheid is ongeveer 200 m van die strand af en is slegs 'n kort rit van Jeffreysbaai en Port Elizabeth af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Captain's Hideaway gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 500 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false