Swellendam Akkommodasie by Carol's Cottage | LekkeSlaap
+23

Carol's Cottage

  • Kapasiteit: 13 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: 12 Faure Straat, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R760 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Carol's Cottage is in die rustige hartjie van Swellendam geleë. Ons het 3 huislike, aaneegeskakelde kothuise van verskillende groottes wat onlangs opgeknap is.

Daar is een dubbelkothuis met 'n bad en stort, 'n tripelkothuis met 'n stort en 'n kothuis met slaapplek vir 6 wat bestaan uit 'n hoofkamer met dubbelbed, 2 aaneengeskakelde kamers met 2 enkelbeddens in elke kamer en 'n aparte toilet- en stortkamer. Addisionele slaapplek is beskikbaar op opvoubeddens.

Al 3 kothuise is geleë in 'n welige tuin met 2 vriendelike Labradors, 'n visdammetjie, katte en 'n paar eende.

Al die kothuise het skoon, netjiese badkamergeriewe, linne en meubels. Daar is 'n gemeenskaplike kombuis beskikbaar en stewige kothuis-ontbyte en -aandetes is beskikbaar op versoek en teen 'n addisionele koste.

Carol's Cottage het ook 'n kunsskool, ateljee en 'n galery waarin die werke van Carol Laws en die bekroonde Suid-Afrikaanse kunstenaar Dagfinn se werke uitgestal word. Kunsklasse en besigting van kunswerke is beskikbaar op versoek.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 19 resensies vir Carol's Cottage
Netheid
3.9/5
Diens
4.1/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
3.7/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • 12 Faure Straat, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Gaste dink Carol's Cottage het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R760
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R760
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: 12 Faure Straat, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDg2ZmRhMjQ2LWMzYjctNDZmYy04OGJkLTZmYmZiMjNhOWQ1Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R760  per nag (vir 2 persone) 19 5 1 4 12 Faure Street Swellendam 6740 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 12:00 -34.016613 20.452096
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za