Marlothpark Akkommodasie by Carpe Diem Self-catering Cottages | LekkeSlaap
+20

Carpe Diem Self-catering Cottages

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blink Blaar-laan 18, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R20 000 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Carpe Diem Self-catering Cottages is in Marloth Park Bewarea geleë wat aan die Krugerwildtuin grens. Dié selfsorgverblyf bestaan uit 'n grasdakhuis en 'n kothuis wat die ideale ongekunstelde naweekwegbreekbestemming is.

Die huis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 'n solderarea, 'n volledige badkamer onder en 'n en suite-badkamer bo. Daar is 2 slaapkamers met dubbelbeddens en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 2 enkelbeddens in die solder. Die solderslaapkamer en 1 van die boonste slaapkamers lei na hulle eie balkon en elke kamer het 'n plafonwaaier vir warm somersdae.

Die huis het ook 'n oopplan-kombuis met 'n oond, yskas-vrieskas, kisvrieskas, en 'n sitkamer en 'n eetkamer met 'n TV. DStv is op versoek beskikbaar. Die sitkamer lei na 'n toegeboude stoep met stoepmeubels en 'n gemeenskaplike buitebraai, sowel as 'n gemeenskaplike swembad.

Die kothuis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 1 oopplankamer met 'n koningingrootte-bed en 2 enkelstapelbeddens, sowel as 'n kombuisie met 'n yskassie, mikrogolfoond, tweeplaatstoof, oond, ketel en broodrooster. Die kothuis het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n stoep met sy eie braai-area en tuinmeubels. Of gaste kan van die gemeenskaplike braaigeriewe by die hoofhuis gebruik maak. Die huis en die kothuis deel ook die swembad. Die huis en die kothuis het diefwering en veiligheidshekke en die huis het 'n alarmstelsel.

Linne en badhanddoeke word vir die huis en die kothuis voorsien.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

3.6 uit 5van 1 resensie vir Carpe Diem Self-catering Cottages
Netheid
4.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
2.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Blink Blaar-laan 18, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R20 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf R20 000
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blink Blaar-laan 18, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAHchvy5JFKaxmhdmZijfoLrutjgbImyfnWa7rI01YsXCjYUXIWf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R20 000  per nag (plek vir 4) 1 5 1 4 18 Blink Blaar Avenue Marloth Park 1321 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.396586961019 31.759772215939
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za