Carriage House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Carriage House is 'n bekoorlike, luukse selfsorg of vir kort periodes, bed en ontbyt onderneming met 'n oopplan leef-/eet-area met kleur TV en DSTV, kombuis en twee luukse dubbel en suite slaapkamers. Een slaapkamer het twee enkelbeddens, en die tweede 'n lieflike koper-dubbelbed wat deur twee enkelbeddens vervang kan word.

Die kombuis het 'n yskas/vrieskas, stoof, mikrogolfoond, rooster, ketel en volle stel kombuisware en eetgerei. Linne en handdoeke word voorsien maar gaste word versoek om hul eie strandhanddoeke te bring. Franse deure maak oop op 'n sonnige private binnehof wat vir die uitsluitlike gebruik van gaste is, en dit is beskerm van die pad en die wind. Binneparkering in 'n onderdakparkering is beskikbaar.

Ons is oorkant die Joan Muirhead Natuurreservaat en is binne maklike stapafstand na die twee strande, Middelstrand en Kariegastrand asook die Kariegarivier afrit. Ons het gereeld besoek deur duiker, grysbok en skilpaaie. Die sentrale besigheidsarea, restaurante, winkels, banke en kafee's is almal binne stapafstand om vir jou behoeftes te sorg. Groter sentrums soos Grahamstad, Bathurst, Port Alfred en die Fish River Sun is ook naby geleë. Gholf kan by Port Alfred en Alexandria gespeel word.

Ons is trots op ons vriendelike atmosfeer en uitstekende diens, praat Afrikaans, Engels en Duits, en sal ons bes doen om jou verblyf 'n plesier te maak. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie, maar ons inwonende kat sal jou geselskap hou as jy haar wil toelaat!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Vlaams
  •  Duits

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Carriage House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 600 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false