Kaapstad Middestad Akkommodasie by Cartwrights Corner 8th Floor | LekkeSlaap
+20

Cartwrights Corner 8th Floor

1 resensie
Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cartwright's Corner 806, Adderley-straat 19A, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 050 R945 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Cartwrights Corner 8th floor is 'n luukse selfsorgwoonstel in die hartjie van die sakekern op die agtste verdieping van die gesogte Cartwright's Corner-gebou. Dié gebou is in Kaapstad se bekende Adderleystraat geleë. Die woonstel bied uitsigte wat herinner aan Manhattan se stadshorison, bobaas sekuriteit en privaat parkeerplek in 'n motorhuis. Die eenheid is net 'n klipgooi van die parlementsgebou, diplomatieke kwartiere, die hooggeregshof, winkels en verskeie besienswaardighede af.

Dié eenslaapkamerwoonstel het slaapplek vir 2 gaste en spog met hoë plafonne en 'n klomp vensters wat toelaat dat die lig van alle kante af die eenheid binnestroom. Die slaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed, hangkas, 'n kluis en pragtige Egiptiese katoenlinne. Die spieëlkas kan ook as 'n lessenaar of werkshoekie ingespan word.

Die woonstel sal jou verras die oomblik wat jy dit betree en beskik oor 'n oopplan-kombuis, sitarea en 'n eetarea. Die uitsigte is asemrowend maak nie saak waar in die eenheid jy staan nie. Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien-tuimeldroër-kombinasie vir jou gerief. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste, terwyl die sitarea gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale het. Gratis WiFi met 'n veseloptiese-lyn is beskikbaar.

Geriewe in die kompleks sluit 'n leefstylsentrum met 'n gimnasium en 'n binneshuise swembad in, en word slegs deur gaste van die kompleks gebruik. Daar is ook 24 uur-sekuriteit, binne-parkeerplek en pragtige uitsigte oor die stadskern, oseaan en op die berge. Cartwright's Corner is al sedert die 1970's 'n argitektoniese baken in die stad.

Slaapplek

’n Bespreking by Cartwrights Corner 8th Floor sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Nagportier
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 1 resensie vir Cartwrights Corner 8th Floor
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Cartwright's Corner 806, Adderley-straat 19A, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
  • Gaste dink Cartwrights Corner 8th Floor het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 050
Vanaf R945
per nag (plek vir 2)
was R1 050
Vanaf R945
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cartwright's Corner 806, Adderley-straat 19A, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGIwMjFkOGEzLTg0ZjEtNDhmMC05MzMxLTYwMmU5YjFkYWM4Mw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 050, nou Vanaf R945  per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 806 Cartwright's Corner 19A Adderley Street 8001 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.9237518 18.4215446
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za